Afghaanse nasionale krieketspan

Afghanistan
Kenteken van die Afghaanse nasionale krieketspan
KonferensieAfghaanse Krieketraad (ACB)
Personeel
ToetskapteinHashmatullah Shahidi
EDI-kapteinHashmatullah Shahidi
T20I-kapteinRashid Khan
AfrigterVlag van Engeland Jonathan Trott
Geskiedenis
Toetsstatus verkry2017
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid (2001)
Volle lid (2017)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans[5] Beste rang tot dusver
Toetsrang12de9de (1 Mei 2020)[1]
EDI9de8ste (9 Julie 2023)[2][3]
T20I10de7de (5 Mei 2019)[4]
Toetse
Eerste toetst Vlag van Indië Indië op M. Chinnaswamy-stadion, Bangalore; 14–18 Junie 2018
Laaste toetst Vlag van Ierland Ierland op Tolerance-ovaal, Aboe Dhabi; 28 Februarie – 1 Maart 2024
Toetse Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[6]93/6 (33,33%)
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Vanjaar[7]20/2
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Wêreldtoets-
kampioenskappe
0/3
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Skotland Skotland op Willowmoore-park, Benoni; 19 April 2009
Laaste EDIt Vlag van Ierland Ierland op Sharjah-krieketstadion, Sharjah; 12 Maart 2024
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[8]16679/82 (47,59%)
(1 gelykop, 4 onbeslis)
Vanjaar[9]52/3
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings3/13 (eerste in 2015)
Beste uitslagGroepfase (in 2015, 2019 en 2023)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
2 (eerste in 2009)
Beste uitslagKampioen (in 2018)
Kampioenetrofee-verskynings0/8
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Ierland Ierland op P. Sara-stadion, Colombo; 1 Februarie 2010
Laaste T20It Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika op Brian Lara-krieketakademie, San Fernando; 26 Junie 2024
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[10]13884/51 (60,86%)
(2 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[11]189/8
(1 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings7/9 (eerste in 2010)
Beste uitslagHalfeindstryd (in 2024)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
4 (eerste in 2010)
Beste uitslagGroepfase
Toetsklere
EDI-klere
T20I-klere

Die Afghaanse nasionale krieketspan (Pasjtoe: د افغانستان د کريکټ ملي لوبډله; Persies: تیم ملی کریکت افغانستان) is die nasionale krieketspan wat Afghanistan in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur die Afghaanse Krieketraad (Engels: Afghanistan Cricket Board, ACB; Pasjtoe: د افغانستان کريکټ بورډ; Persies: کریکت بورد افغانستان) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Krieket word sedert die middel van die 19de eeu in Afghanistan gespeel, maar dit is net in onlangse jare wat die nasionale span sukses behaal het. Afghanistan is tans (Junie 2024) twaalfde op die IKR-toetsranglys, negende op die eendagranglys en tiende op die Twintig20-wêreldranglys.[12][13][14]

Die Afghaanse Krieketraad is in 1995 gestig, het in 2001 ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword[15] en in 2003 ’n lid van die Asiatiese Krieketraad (AKR).[16] Hulle is die twaalfde volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR), en die vyfde in Asië, nadat hulle – saam met Ierland – op 22 Junie 2017 bekroon is met toetsstatus.[17][18][19][20][21]

Afghanistan se opgradering binne die IKR het gekom nadat hulle amper ’n dekade lank internasionale krieket gespeel het. Afghanistan is ook die eerste span wat volle status verkry het nadat hulle vanaf 2001 tot in 2013 ’n assosiaatlid was en ook die enigste assosiaatlid was wat aan ’n vername IKR internasionale kriekettoernooi deelgeneem het.[19] Hulle het op 23 Februarie 2019 die rekord vir die hoogste internasionale T20I-telling met hul 278/3 teen Ierland op Rajiv Gandhi Internasionale Krieketstadion, Dehradun, aangeteken. Van hul onlangse prestasies sluit in die kwalifisering vir die krieketwêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023; tydens die 2015-toernooi het Afghanistan sy eerste krieketwêreldbekeroorwinning aangeteken, nadat hulle Skotland verslaan het.[22]

As gevolg van die voortgesette burgeroorlog sedert 2001 en die magsoorname deur die Taliban in 2021, asook ’n gebrek aan fasiliteite op ’n internasionale standaard, is die nasionale krieketspan gedwonge om sy tuiswedstryde in sy buurlande te speel. Van Afghanistan se amptelike tuiswedstryde is al in Indië, Sri Lanka en die Verenigde Arabiese Emirate gespeel.

  1. (en) "ICC Test Ranking, Afganistan rise to # 9 position". India Today. 1 Mei 2020. Besoek op 28 Junie 2024.
  2. (en) "Afghanistan cricket secures place among top 10 in ICC ODI rankings". Khaama Press. 26 Desember 2015. Besoek op 28 Junie 2024.
  3. (en) Laura Jolly (28 Desember 2015). "Afghanistan break into ODI top 10". Krieket Australië. Besoek op 28 Junie 2024.
  4. (en) "Afganistan ranks 7th in ICC T20I rankings". Bakhtar News. 5 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2020. Besoek op 20 Februarie 2020.
  5. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  6. (en) "Test matches – Team records". ESPNcricinfo.
  7. (en) "Test matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  9. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  10. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  11. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  12. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 28 Junie 2024.
  13. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 2 Mei 2024. Besoek op 28 Junie 2024.
  14. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 24 Junie 2024. Besoek op 28 Junie 2024.
  15. (en) Roy Morgan (2007). The Encyclopedia of World Cricket. Cheltenham: SportsBooks. p. 15. ISBN 978-1-899807-51-2.
  16. (en) "Afghanistan". Asiatiese Krieketraad. Besoek op 28 Junie 2024.
  17. (en) "Ireland and Afghanistan ICC newest full members amid wide-ranging governance reform". Internasionale Krieketraad. 22 Junie 2017. Besoek op 28 Junie 2024.
  18. (en) "Ireland awarded Test status after 10-year quest". Raidió Teilifís Éireann. 22 Junie 2017. Besoek op 28 Junie 2024.
  19. 19,0 19,1 (en) "Afghanistan, Ireland get Test status". ESPNcricinfo. 22 Junie 2017. Besoek op 28 Junie 2024.
  20. (en) "Ireland and Afghanistan granted Test status after becoming 11th and 12th full ICC members". The Telegraph. 22 Junie 2017. Besoek op 28 Junie 2024.
  21. (en) "Ireland & Afghanistan awarded Test status by International Cricket Council". BBC. 22 Junie 2017. Besoek op 28 Junie 2024.
  22. (en) Andrew McGlashan (25 Februarie 2015). "History for Afghanistan, heartbreak for Scotland". ESPNcricinfo. Besoek op 28 Junie 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search